Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Waar om te oornag Toere na Namakwaland Kontak ons hier Same information - in English Voorstelle oor wanneer om Namakwaland te besoek Voorstelle oor waar in Namakwaland blomme te sien Fotos van Namakwalandse veldblomme


Die blomme van Namakwaland

Die droë strook land aan die wes-kus van Suid-Afrika is die tuiste van 'n unieke groep plante, sonder gelyke in enige ander deel van die aarde. Hier is reeds meer as 4000 verskillende spesies veldblomme aangeteken.

Die gebied is ook die tuiste van 'n groot verskeidenheid wildlewe, van soogdiere, insekte en reptiele tot voëls en amfibië.

Conservation International het wêreldwyd 25 'hotspots' identifiseer. Hulle beskou 'n 'hotspot' as 'n gebied waar meer as 1500 endemiese plante voorkom. Die Karoo Vetplant bioom wat die grootste deel van Namakwaland insluit, waaronder die Richtersveld en Namakwa Nasionale Parke, is een so 'hotspot'. In totaal dek die hotspots minder as 1.5% van die aarde se oppervlak en hiervan word minder as 2% beskerm in bewarings-gebiede terwyl die balans geweldig oorbewei word.

Die Karoo Vetplnt Bioom staan uit onder die wêreld se droë gebiede vanweë die groot verskeidenheid van 6,356 plantspesies, 40% waarvan inheems en wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie. Dit is ongeveer vier maal die aantal plantspesies wat in soortgelyke winter-reenval semi-woestyn streke voorkom. Die Karoo Vetplant Bioom is dan ook die enigste uitsluitlik semi-woestyngebied wat erken word as 'n Biodiverse Hotspot. (Hotspots is gebiede wat nie net groot diversiteit in plante bevat nie, maar waar menslike inmenging die gebied merkbaar beinvloed)

Grondtipes, topografie, reenval, geologie, plantegroei en dierelewe dra almal by om vier duidelik identifiseerbere streke te vorm binne Namakwaland. Hierdie streke is:
  • Die Richtersveld, 'n bergagtige streek met baie lae reenval. Plantlewe bestaan uit 'n ongelooflike 2,700 spesies 560 waarvan inheems en beperk tot hierdie streek. Sowat 80% van die plante is vetplantagtig en word algemeen beskou as die gebied met die rykste vetplant diversiteit in die wêreld. Die gebied word algemeen gebruik vir kleinvee boerdery.
  • Die Kusstrook het die hoogste reenval. Hier kom 432 plantspesies voor, 85 waarvan endemies en 44 wat verskyn op die Rooi Datalys vir bedreigde spesies. Plante groei hier effens hoër en meer struikagtig. Kleinvee boerdery, vissery en diamantmyne is die belangrikste menslike aktiwiteite in hierdie gebied.
  • Die Namakwalandse Klipkoppe kan seker beskou word as die ware Namakwaland. Hierdie Klipkoppe is 'n gefragmenteerde bergreeks sowat 50km wyd. Die groot plat en ook ronde granietkoppe wat omring word deur sanderige, bewerkbare slikgrond is 'n duidelike kenmerk van die gebied. Die gebied is veral bekend vir sy kleurvolle blomme in die lente. Hier kom 1109 spesies voor waarvan 286 endemies is en 107 op die Rooi Datalys voorkom.
  • Die Knersvlakte word gekenmerk deur lae heuwels wat bedek word deur wit kwartsiet gruis - en ryk is aan plantlewe. 'n Totaal van 1324 spesies kom hier voor waarven 266 endemies en 128 op die Rooi Datalys.






  • tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
    / kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

    hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
    webblad deur FotoDigi