|
6-dag blommetoer na Namakwaland Roete wat ons volg (Hierdie kan verander na gelang van die beskikbaarheid van blomme ten tye van die toer) Ons roete sluit die volgende erkende blomstreke in: Kliek hier om 'n kaart te sien/druk (.PDF formaat) Voorgestelde reisplan Dag 1: Ons ontmoet u op 'n sentrale punt, of indien nodig by die Kaapstad Internasionale lughawe, indien u met 'n vroeë vlug arriveer. Ons poog om voor 10h00 uit Kaapstad te vertrek. Ons roete lei na Darling asook die Postberg Blomreservaat voordat ons verder gaan tot in Clanwilliam waar ons waarskynlik sal tuisgaan in die Waenhuis. Dag 2: Na 'n vroeë ontbyt vertrek ons na Nieuwoudtville via die Botterkloofpas. Ons gaan besoek aflê waar die beste/meeste blomme is ten tye van ons besoek en ook 'n draai maak by die Nieuwoudtville waterval. Ons roete strek verder noord na die Garies omgewing. Ons oornag in ongekende Namakwalandse gasvryheid op die plaas Sarrisam. Dag 3: 'n Rustige dag op die plaas Sarrisam wat insluit 'n besoek aan die ongerepte Weskus. Ons spandeer nog 'n nag op die plaas. Dag 4: 'n Besige dag met besoek aan Wallekraal, Hondeklipbaai, Soebatsfontein, Kamieskroon asook die Skilpad Veldblomreservaat in die Namakwa Nasionale Park. Ons oornag in die Nababeep Hills Gastehuis wat veral bekend is vir sy uitstaande etes. Dag 5: Ons soek die beste blomme in die omgewing, wat mag insluit die Nababeep omgewing, die omgewing van Okiep en veral die Goegap Veldblomreservaat buite Springbok. Ons oornag weer in die Nababeep Hills Gastehuis. Dag 6: Na 'n vroeë ontbyt begin ons die terugtog. Ons vertoef in die Knersvlakte en besoek die Ramskop Veldblomtuin in Clanwilliam. Ons is laatmiddag terug in Kaapstad. Toer begin datums Koste van toer Ons toerprys sluit in alle uitgawes soos vervoer, akkommodasie, alle etes, toegangsgelde ens. Ons sluit uit uitgawes van persoonlike aard asook alkohol. Op hierdie stadium word 'n toerprys van R8,500 per persoon voorsien. Ons behou die reg voor om hierdie prys aan te pas na gelang van veranderinge in die koste van brandstof. Die finale prys sal aan u bevestig word voordat u finale betaling aan ons gemaak word. Kliek hier
|