|
Algemene inligting oor ons blommetoere van 2008 Begeleide toere: Ons is reeds ver gevorder met die beplanning van ons toere vir 2008 wat almal in Kaapstad begin en eindig. Soos in die verlede gaan ons weer klein, intieme toere doen en poog om met u te deel dit wat na ons mening een van die mooiste dele van die skepping is. Lengte van toer Ons gaan weer toere doen wat oor 3 of 6 dae strek. Vir die 3-dag toer probeer ons 'n naweek insluit. Dit gee diegene wat by die werk moet tyd afknyp kans om te deel in die pret. Op die 6-dag toer het ons tyd om dieper in Namakwaland in te vaar en sien ons ook 'n groter verskeidenheid blomme. Grootte van toergroepe Ons toergroepe is klein. Dit beteken ons kan persoonlike aandag aan almal gee. Die toere is tussen 4 en 8 mense op 'n keer. Etes en Akkommodasie Terwyl op toer, hou ons gereeld stil vir verversings. Daar is geen resaurante tussen die blomme nie en gevolglik is ons middagete iets ligs, selfs ook 'n piekniek tussen die blomme. Ons geniet wel 'n goeie ontbyt en goeie aandetes is 'n aangename afsluiting vir die dag. Ons akkommodasie is normaal in gastehuise waar u privaatheid belangrik is. Elkeen van die plekke wat ons besoek is werklik 'n bestemming in eie reg. 2008 toer datums Ons 2008 toere is beplan om op die volgende datums te vertrek: Drie-dag toere: Ses-dag toere: Kliek hier Kliek hier vir meer besonderhede van ons 6 dag toer. Hoe om u plek te bespreek Kliek hier om u toer vir 2008 te bespreek. -of- Betaling 'n Toer word slegs bevestig op ontvangs van 'n nie-terugbetaalbare deposito. Die totale toerkoste is betaalbaar op die laaste 10dae voor vertrek. Self-ry besoeke aan Namakwaland: Ons is tans besig om 'n roete saam te stel vir diegene wat op eie stoom die veldblomme wil beskou. 'n Spesiale self-ry 4x4 roete word ook saamgestel. Kliek hier vir meer inligting.
|