Indien u beskik oor 'n onderneming wat akkommodasie verskaf aan toeriste en die onderneming is geleë in
Namakwaland, of op die toevoer roetes, sal ons graag u naam wil noem op die akkommodasie bladsy.
Twee opsies is beskikbaar:
1) U onderneming se naam en kontak nommer word ingesluit in 'n alfabetiese lys op die akkommodasie bladsy
van hierdie webblad. Daar is geen koste hieraan verbonde nie.
2) Op genoemde lys word u onderneming se naam in duideliker skrif aangetoon en ons voorsien ook 'n volle bladsy
inligting (met op tot 4 fotos) en aktiewe skakels na u eie webblad/epos fasiliteiet indien beskikbaar. Hierdie
inskrywing kos 'n nominale jaarlikse fooi.
Beskik u oor 'n eie webblad? Ons kan u ook bystaan met een of meer van die volgende:
registrasie van webblad name
ontwerp en ontwikkel van u eie webblad
'hosting' van webtuistes
u eie e-pos fasiliteit
webblad en e-pos onderhoud
Merk die blokkie op die onderstaande vorm en ons sal u kontak met meer breedvoerige inligting.
Ons hier by namaquainfo.com respekteer u privaatheid.
Waar ons vir u kontak inligting sou vra is dit om aan u 'n diens te lewer.
Ons gebruik nie u inligting vir enige ander redes nie.
Ons verkoop of versprei ook nie u inligting aan ander instansies nie.
hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van
800x600 of beter
webblad deur