|
Namakwalandse Dorpe: PORT NOLLOTH * Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie blad geplaas word *
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 29 15S 16 52E) Follow the R382 from Steinkopf. GESKIEDENIS Tydens 'n opname van die kuslyn gedurende 1854 was hierdie baai as geskik gevind om 'n hawe te vestig om kopererts vandaan te verskeep na Britanje. Koper is gedurende die tyd per ossewa na die hawe vervoer en in 1876 is 'n smalspoor treinspoor van 96myl gebou na die kopermyne van Nababeeb en Okiep. In 1926 het die ontdekking van spoeldiamante 'n nuwe lewe in die baai geblaas. Hierdie bedryf is vandag steeds aktief vanuit die hawe. 16 skeepswrakke is aangeteken in die onmiddelike omgewing van Port Nolloth. OORSPRONG VAN DIE NAAM Port Nolloth het 'n lang naamgeskiedenis. Dit was oorspronklik bekend as Auquatowa (Nama vir 'Plek waar die water die ou man geneem het') en later Robbebaai. Na die kus in 1854 deur MS Nolloth, kommandeur van die HMS Frolic opgemeet is, is die hawe na hom vernoem. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE WAT OM TE SIEN EN DOEN AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Alexander Bay 82km Steinkopf 90km Kleinsee 72km |