|
Namakwalandse Dorpe: OKIEP * Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie blad geplaas word *
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 29 36S 17 54E) Langs die N7 net noord van Springbok. GESKIEDENIS Daar word aanvaar dat die plaaslike inwoners hier koper bewerk het lank voordat Hollandse koloniste dit in 1685 by Okiep 'ontdek' het. In 1852 word die heel eerste Suid-Afrikaanse mynmaatskappy naby Okiep gestig. Groot koper neerslaë word ook in 1855 hier ontdek. Teen 1866 is die smalspoor spoorlyn na Port Nolloth in werking en word koper daarheen gestuur vir verskeping na Britanje. Die wisselende koperprys asook die ongenaakbare Namkwalandse terrein het wisselende sukses ingehou vir die myners tydens die 150jaar geskiedenis van die kopermyn bedryf van hierdie omgewing. Teen 1918 het die Okiep myne ophou produseer en het die dorp byna ontaard in 'n spookdorp. OORSPRONG VAN DIE NAAM Van die Khoi /Ugieb wat beteken "Plek waar koper is" BEVOLKING 6,000 INTERESSANTE PLEKKE WAT OM TE SIEN EN DOEN AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Springbok 8km Nababeeb 13km |