Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Waar om te oornag Meer oor die veldblomme Toere na Namakwaland Kontak ons hier Same information - in English



Namakwalandse Dorpe: KAMIESKROON



Kamieskroon The 'Kroon' on Kamiesberg Kamieskroon

HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 30 12S 17 56E)
Langs die N7 tussen Garies en Springbok.

GESKIEDENIS
Vier boere het in 1850 'n gedeelte van die plaas Wilgenhoutskloof gekoop en aan die kerk geskenk. 'n Kerkgebou is opgerig en 'n dorp het in hierdie pragtige vallei ontstaan. Dit is Bowesville genoem na die distriksgeneesheer van Namakwaland, Dr Henry Bowe. Die naam het later verander na Bowesdorp.

Gebrek aan spasie vir verdere ontwikkeling asook, meer belangrik, onvoldoende water, het veroorsaak dat die dorp later verskuif is. Die kerk het 'n gedeelte van die plaas Koes gekoop, sowat 8km na die suide, en 'n nuwe kerkgebou opgerig wat in 1924 voltooi is. Kort daarna het die Poskantoor, Polisisestasie en die ander ook geskuif na die nuwe dorp, Kamiesberg, later Kamieskroon.

Die kerkraad het besluit dat geen alkohol in hulle dorp verkoop of gebrou mag word nie. Die gevolg was dat die hotel buite die dorp gevestig is.

OORSPRONG VAN DIE NAAM
Die naam verwys na die kenmerkende rotsformasie, of 'Kroon' op die nabygeleë Kamiesberg.

BEVOLKING


INTERESSANTE PLEKKE
  • Boereoorlog gedenksteen
  • Sendingstasies in die omgewing

    WAT OM TE SIEN EN DOEN
  • Namakwa Nasionale Park
  • Veldblomme in seisoen
  • Wandelpaaie

    AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR


    BUURDORPE
    Garies 46km
    Springbok 67km
    Hondeklipbaai 92km


    Kamieskroon landmerk Oorblyfsels van die kerk in Bowesdorp



  • tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
    / kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

    hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
    webblad deur FotoDigi