Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Waar om te oornag Meer oor die veldblomme Toere na Namakwaland Kontak ons hier Same information - in English



Namakwalandse Dorpe: HONDEKLIPBAAI

* Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie blad geplaas word *


Hondeklip Bay The stone of Hondeklip Bay Wreck of the Aristea

HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 30 19S 17 16E)
Hondeklipbaai kan bereik word met 3 verskillende roetes:
  • Net noord van Garies, draai wes op die duidelik gemerkte pad van 87km (1.5uur) Aanbeveel vir sedan tipe voertuie.
  • Vanaf Kamieskroon via Soebatsfontein. (92km/2uur)
  • Net suid van Springbok draai wes oor Messelpadpas en Wildepaardehoekpas. (120km/3uur) Mooiste natuurskooon maar 4x4 aanbeveel.

    GESKIEDENIS
    In 1846 is die klein natuurlike hawe ontdek deur die skeepskaptein Thomas Grace, wat dadelik 'n handelspos hier gevestig het. In 1852 is die eerste vrag (11 ton) kopererts van hier verskeep na Wallis, aan boord die Bosphorus.

    Hondeklipbaai is in 1862 as magistraatsdistrik verklaar. Vanaf 1980 tot 2003 was daar aktiewe diamant delwery en die dorp het ook eens gespog met 'n aanleg waar kreef verwerk was.

    Gedurende 1936 is 'n ligtoring opgerig (Sein van 3 flitse wat elke 15 sekondes herhaal word).

    Net suid van die dorp is die wrak van die 'Aristea'. Dit is in 1934 in Skotland as vissersboot gebou en doen diens as mynveër tydens die tweede wêreldoorlog. Op sy nooiensvaart as vissersboot het dit op 4 Julie 1945 met die verlies van een lewe hier gestrand.

    OORSPRONG VAN DIE NAAM
    Vernoem na 'n rots van 5m hoog wat na 'n sittende hond gelyk het. Die kop is deur weerlig afgeslaan.


    BEVOLKING


    INTERESSANTE PLEKKE
  • Hondeklip
  • Wrak van Aristea

    WAT OM TE SIEN EN DOEN
  • Veldblomme in seisoen

    AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR


    BUURDORPE
    Garies 87km
    Kamieskroon 92km
    Springbok 120km
    Koiingnaas 15km



  • tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
    / kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

    hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
    webblad deur FotoDigi