|
Namakwalandse Dorpe: ALEXANDER BAAI * Meer inligting en fotos sal binnekort op hierdie blad geplaas word * HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 28 41S 16 30E) Geleë in die verste Noord-Westelike hoek van Suid-Afrika naby die mond van die Oranjerivier. Volg die N7. By Steinkopf draai wes na Port Nolloth op die R382 en vandaar noord na Alexander Baai. GESKIEDENIS Gedurende die 1800s is kopererts op vlotte met die Oranjerivier na Alexander Baai vervoer. Hiervandaan is dit verskeep na Swansea in Wallis waar dit verwerk is. Na die ontdekking van spoeldiamante in 1927 het fortuinsoekers die gebied oorstroom. Die gebied is kort daarna tot staatseiendom verklaar en word steeds deur die staatsbeheerde Alexkor bedryf. OORSPRONG VAN DIE NAAM Vernoem na Sir James Edward Alexander (1803-1885) Britse ontdekkingsreisiger wat die gebied in 1836 besoek het. BEVOLKING INTERESSANTE PLEKKE WAT OM TE SIEN EN DOEN AKKOMMODASIE TOERISME KANTOOR BUURDORPE Khubus 55km Sendelingsdrift 95km Port Nolloth 80km |