|
AIS / RICHTERSVELD OORGRENSPARK
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 28 07S 16 54E) Naby die Noordwestelike hoek van Suid-Afrika. Volg die duidelike rigtingwysers vanaf Alexanerbaai. BESONDERHEDE Hierdie onvoorspelbare, dorre berglandskap, waar water skaars is, waar lewe-gewende vog in die vorm van oggendmis voorkom, word gesamentlik bestuur deur die plaaslike Nama bevolking en SA Nasionale Parke. Hierdie reuse bergwoestyn vorm nou deel van die Ai-Ais/Richtersveld Oorgrenspark en sluit in Namibië se Visrvier Canyon. Die plante wat hier voorkom, hoofsaaklik vetplante, is uniek aangepas by die omgewing en baie spesies kom slegs hier voor. Gewone sedantipe motors word nie in die park toegelaat nie. Stewiger tipe voertuie, soos bakkies, met swaardiensbande is meer geskik vir die paaie in die park. Een gedeelte langs die Oranjerivier kan slegs met 'n 4x4 tipe voertuig aangepak word. TOEGANGSTYE 1 Oktober tot 30 April: 07:00 – 19:00 1 Mei tot 30 September: 07:00 – 18:00 KONTAK BESNDERHEDE Tel: 027 831 1506 Fax: 027 831 1175 AKKOMMODASIE
|