|
GOEGAP NATUURRESERVAAT
HOE OM DAAR TE KOM (GPS: 28 41S 16 30E) Sowat 15km vanaf Springbok geleë. Duidelike padtekens vanaf die N7 sal u verby die golfbaan en vliegveld na die reservaat lei. BESONDERHEDE Suid-oos van Springbok geleë en beslaan sowat 15000ha van tipiese Namakwalandse granietkoppies en sandvlaktes. Die veld in Goegap (Nama vir 'watergat') verander in 'n sprokiesland van kleur gedurende die lente, veral gedurende Augustus en September. Begeleide toere deur die reservaat kan gereel word gedurende die blommeseisoen. Die Hester Malan Veldblomtuin vorm deel van die reservaat en sluit in 'n vetplant tuin en interesante rotstuin by die inligtingsentrum. Onder die wildlewe van die reservaat tel 45 soogdier spesies, 34 reptiele en 92 verskillende voëls is ook aangeteken. Akkommodasie sluit in enkele piekniekplekke, 'n lapa, kiosk en beperkte oornagfasiliteite. Ander aktiwiteie wat hier beskikbaar is sluit in sirkel roetes, 'n 4x4 roete, bergfiets roete, wandelpaaie en ook 'n perdry roete. Verskeie Universiteite, onder leiding van die Witwatersrandse Universiteit, doen navorsing by die navorsingsstasie in die reservaat. Veldstudies oor die sosio-ekologie van klein soogdiere word hier gedoen, veral die studie van die gestreepte muis. TOEGANGSTYE Daagliks oop van 08h00 tot 16h00 KONTAK BESNDERHEDE Tel: 027 712 1880 Fax: 027 718 1286 AKKOMMODASIE |